GRAAFF-REINET NUUS – Watter beter manier om die lente in te lui as met ‘n bedrywige basaar?
Die NG Nuwekerk in Graaff-Reinet nooi ieder en elkeen uit om hul lente-basaar op Vrydag, 1 September, by te woon.
Soos met enige basaar wat sy sout werd is, sal besoekers hul kan verlustig in ‘n wye verskeidenheid items met tafels wat beloof om te kreun onder gebak en heerlike eetgoed.
Die hoogtepunte sal soos altyd die pannekoek en basaarpoedings wees, maar moet nie vergeet van die heerlike worsrolle, soasaties, koeke, terte en vele ander lekkernye nie.
Die basaar skop om 10:00 op die kerkterrein in in Caledonstraat af - moet dit nie misloop nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'