NOUPOORT NUUS - Lorinda Ferreira (alias Juleandré Bianchi) het nog 'n boek bekendgestel, Drama in New York, hierdie is haar vierde boek wat sy sedert 2022 geskryf het. Ander skrywes van haar is Weerwolf liefde, Prinses in denim en Misterie van die woud; sy sal ook in Julie haar vyfde skrywe, Liefde in Londen bekendstel. Ferreira vertel dat sy eers op die titel van die boek besluit, en dan die storie skryf. Haar boeke handel almal oor romanse, en sy sê sy vind haar insperasie uit die natuur, haar familie en rolprente.
Ferreira vertel dat sy al op skool 'n liefde vir skryf ontwikkel het, maar het die lewe besig begin raak en moes sy ophou. Vandag spandeer sy ongeveer twee ure per dag aan skryf, en vertel dat sy al 'n boek binne 27 dae afgehandel het, "ek skryf wanneer die inspirasie my beetkry."
Die uitgewers van haar romanse word deur Malherbe Uitgewers gepubliseer. "Dit neem gewoontlik ses maande vandat die manuskrip ingestuur is tot dit uitgegee word. Die boek moet eers aanvaar word deur die uitgewers - ek word dan in kennis gestel en teken 'n kontrak wat ek aan hulle terugstuur. Daarna word die boek geredigeer en verandering word aangebring voor die proef manuskrip aan my teruggestuur word. Ek moet dan besluit of ek tevrede is met die veranderinge - dit word dan gedruk en twee kopieë word aan my gestuur."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’