GRAAFF-REINET NUUS - Lede van die FAK-groep van Graaff-Reinet het Dinsdag ter herdenking van die Franse Hugenote se aankoms in Suid-Afrika, 333 jaar gelede op 13 April 1688, 'n kransleggingseremonie by die Hugenote-gedenkmonument agter die stadsaal gehou.
Meer as 200 000 Hugenote het gedurende die 1600's en 1700's uit Frankryk gevlug en sowat 300 het aan die suidpunt van Afrika 'n heenkome gevind.
Hulle het 'n vyfde van die destydse Europese bevolking aan die Kaap gevorm. Die meerderheid het uitgewyk na Amerika, Nederland en Engeland.
Susan Davis en Katie Jansen, wie se voorouers, De Klerks, daardie tyd vanuit Frankryk aangeland het en hulle later in die Graaff-Reinet omgewing gevestig het, het ook die seremonie bygewoon.
Nasate van die Franse Hugenote, Susan Davis en Katie Jansen, tydens die kransleggingseremonie.
Die monument is in 1988 onthul, 300 jaar na die Hugenote se koms.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'