GRAAFF-REINET NUUS - Die Lootsbergpas en die Wapadsbergpas, beide verbindingsroetes na Graaff-Reinet, is vir verkeer gesluit na sneeuneerslae wat deur die nag begin val het, steeds val.
Unathi Binqose, mediawoordvoerder van die departement van vervoer, het dat beide die N9 en die R61 vroeër vanoggend gesluit is.
Graaff-Reinet Advertiser hou padgebruikers ingelig rondom die toedrag van sake op die roetes soos wat inligting beskikbaar raak.
N6 gesluit na ongeluk
Die N6 tussen Komani en Cathcart is gesluit vir verkeer na 'n ernstige vragmotorongeluk om 04:00 vanoggend.
Skadelike chemikalieë wat op die ryvlak lê, moet eers opgeruim word.
Binqose waarsku vragmotorbestuurders om te waak teen ooreising.
Padgebruikers word aangeraai om die alternatiewe roete, wat oor Whittlesea gaan, te gebruik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’