VICTORIA-WES NUUS – Die maandelikse boeremark by Karoo Jaart in Victoria-Wes kan niks anders as ‘n kuierkoop geselligheid genoem word nie.
Dit is wanneer die kontrei se mense hue produkte kom uitstal en besoekers kuier,kuier hul mandjies en drasakke volpak met lekker eetgoed, wildsvleis, heerlike bokmelkkaas,biltong en groente en vrugte van die seisoen.
Daar word skilderye en boerseep verkoop, pannekoek gebak en ge-eet, sterk plaaskoffie en boerworsrolle gemaak wat die kuier nog lekkerder maak.
Die beste samoosas in die omgewing word ook blitsvinnig uitverkoop en mense moet maar vroeg opdaag om van hierdie lekkernye in die hande te kry.
‘n Wye verskeidenheid van gebruikte boeke kan ook op die boeremark by een van die uitstallers raakgeloop word en besoekers het al die boek wat hy of sy lankal al soek hier in die hande gekry.
Die Karoo Jaart Boeremark duur van 09:00 tot 12:00 en vind op September 30 plaas.
Daar word skilderye en boerseep verkoop, pannekoek gebak en ge-eet, sterk plaaskoffie en boerworsrolle gemaak wat die kuier nog lekkerder maak.
'Ons bring jou die nuutste Victoria-Wes, Karoo nuus'