HOFMEYR NUUS - Die klein NG gemeente van Hofmeyr staan nie terug vir groter gemeentes nie. Die koraalkleurige kerkgebou van dié gemeente dateer uit 1933.
Die kerk kan 600 mense akkommodeer, beskik oor 'n groot orrel met uitstekende klank, en dié orrel word meesterlik bespeel deur orrelis, Willem van Heerden.
"Ons is 'n klein, plattelandse gemeen-skappie, met net oor die 150 lidmate, maar ons het puik talent en die wil om saam te werk," sê Willem.
"Ek het in samewerking met ons koorleier, Poppie van Heerden, besluit om 'n Passie vir Christus-feesgeleentheid op Sondag 2 April aan te bied.
Die twee Van Heerdens is nie familie nie, maar het dadelik bymekaargekom en die koorlede is ook in kennis gestel.
"Ons kon besondere Nederlandse koor- werke opspoor wat met musikale tussen-spel op die orrel aangebied sal word. Die koorstukke is almal in Afrikaans verwerk deur Melanie Fourie. Die koor gaan in verskillende stemhoogtes sing."
Ds. Marius Barnard het 'n beroep na Kroonstad aanvaar en komende Sondag is dan ook sy afskeidspreek.
Sy vrou, Hanlie, is 'n plaaslike maat-skaplike werker en die egpaar se dogter woon en werk in Kaapstad.
Toegang is gratis maar 'n papierkollekte sal geneem word ter stuwing van gemeentefondse. Beide die kerkgebou en pastorie het onderhoud nodig.
Die koraalkleur kerk in Voortrekkerstraat, Hofmeyr, waar daar nog elke Sondag 'n diens gehou word. Foto: Yolandé Froehlich
Die geelkoper orrelpype in die koraalkleur NG Kerk in Hofmeyr, waar daar twee orreliste is. Willem van Heerden en Alta Herselman kan beide hierdie orrel meesterlik bespeel. Foto: Atta Humphries
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’