ABERDEEN NUUS - ‘n Motorfietsryer is gistermiddag in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem na 'n ongeluk in Andries Pretoriusstraat in Aberdeen.
Die botsing tussen die motorfiets en 'n bakkie het laat gistermiddag plaasgevind, Woensdag 2 Oktober.
Oogetuies sê die motorfiets het in die hoofstraat gery toe die bakkie van 'n systraat in die pad ingedraai het en die motorfiets getref het.
Die bestuurder van die bakkie het geen sigbare beserings opgedoen nie. Die voorval word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’