MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-gemeenskap asook vakansiegangers span tans saam vir skenkings aan noodpersoneel wat brande in die Aalwydal-omgewing beveg.
Twee gesinne wat in die area met vakansie is, die Joubert-familie van Gqeberha en die Brand-familie van De Aar, het persoonlik skenkings by die Mosselbaai-brandweer gaan afgee.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het gevra dat enige skenkings nie na die brandbestrydingtonele gebring word nie, maar eerder by die Mosselbaai-brandweer, op die hoek van Schoemanstraat en Louis Fourieweg, afgegee word.
Die Danabaai-buurtwag het ’n lys van items gegee wat geskenk kan word:
- Energade/Powerade (geen ander tipes energiedrankies soos Monster of Score nie)
- Water
- Zambuk/Lip Ice
- Kunsmatige traandruppels
- Piesangs
- Bar Ones, Jungelbars, Energybars
Dié skenkings kan ook by die buurtwag se JOC by die Astron-vulstasie afgegee word.
Die Joubert-familie saam met Liezl Josephs van Mosselbaai-brandweer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’