MIDDELBURG NUUS - Hoërskool Middelburg se netbalspan het gedurende die skoolvakansie aan die Arthur Johnson-sportweek in Mosselbaai deelgeneem.
Tydens die sportweek het die netbalspan die voorreg gehad om Protea-netbalspeler en televisie-aanbieder, Vanes-Mari du Toit, te ontmoet.
Die leerders het uitnemend presteer. Megan Newton, Elzaan Pieterse en Nina Perry het uitnodigings ontvang om in September in Italië netbal te gaan speel.
Die uitslae van die Arthur Johnson-sportweek:
- Middies netbal wen 27-12 teen Curro Langebaan
- Middies speel 14-14 teen Ferdinand Postma
- Middies verloor 23-20 teen Volkskool.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'