CRADOCK NUUS - Fanie Theron Preprimêr in Cradock het op Maandag 3 Junie internasionale melkdag gevier. Dié skool se leerders moes ietsie wit en swart aantrek, soos die kleure van 'n Frieskoei, elkeen het ook 'n plakker ontvang wat hulle die dag kon dra.
Dié dag was natuurlik die Karoo se koudste dag tot sover hierdie winter en die leerders is bederf met warm sjokolade en 'n marshmallows.
"Die leerders het die dag so baie geniet. Hul het ook eers geleer van wat alles met 'n koei se melk gemaak kan word; alles wat lekker is, en alles waarvoor hulle so lief is," vertel Quené Beukes, media-woordvoerder by die skool.
Die leerders was ook opgewonde om elkeen 'n koei kroontjie te maak wat hulle die heeldag kon dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’