GRAAFF-REINET NUUS - Matriekleerders van Graaff-Reinet het verlede Donderdag 14 Oktober hul laaste 40 dae op skoolbanke op allerhande maniere gevier.
Hoër Volkskool se matrieks het hul laaste 40 dae op die skoolbanke gevier deur hul skooldrag om te ruil.
In een van die mooi oomblikke het leerders van Laer Volkskool die matrieks van Hoër Volkskool, van wie die meeste hul skoolloopbane dáár begin het, sterkte toegewens met die opkomende matriekeksamen en voorspoed toegewens op hul toekomspad.
Vir die matrieks is dit die einde van 'n era, maar ook die begin van 'n nuwe avontuur.
Soos Dawid en Goliat. Laer Volkskool se Walt van Heerden (gr. 1) en Jean-Louis van Heerden, hoofseun en 'n matrikulant van Hoér Volkskool, verlede Donderdag toe die matrieks vir oulaas by dié laerskool gaan inloer het om afskeid te neem.
Die Graad 1's van Laer Volkskool het verlede Vrydag by hul skool afskeid geneem van Hoër Volkskool se matriekleerders en hulle sterkte toegewens met die opkomende matriekeksamen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'