MIDDELBURG NUUS — Vroeg al het besoekers opgedaag vir 'n wandeling deur die 'betowerde tuin' met Hoërskool Middelburg se jaarlikse matriekafskeid wat verlede Donderdagaand, 28 September, plaasgevind het.
Die saal was pragtig versier en die tema is herhaal deur pragtige gedekte tafels en slim beligting wat gesorg het vir hope atmosfeer.
Die eregaste van die aand het, soos gewoonlik, nie teleurgestel nie. Die Graad 12's en hul metgeselle het die asems weggeslaan met hul mooi aandrokke en stylvolle pakke.
Met die rekordeksamen pas agter die rug was dit die ideale geleentheid vir ontspan en saamkuier.
Die spyseniers het gesorg vir 'n drie-gang maal met as voorgereg, gevulde pannekoekies, terwyl die hoofgereg bestaan het uit skaapboud, hoender, rys, aartappels en groente. ' n Heerlike sjokoladenagereg het alles mooi afgerond.
Dié aand sal nog lank onthou word.
Die matrieks van Hoërskool Middelburg in hul stylvolle uitrustings met die skool se onlangse matriekafskeid.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'