CRRADOCK NUUS - Hoër Landbouskool Marlow in Cradock het op 4 Maart hul eerste rugbywedstryde van die jaar by Fichardtpark in Bloemfontein afgeskop.
Marlow het al vyf hul wedstryde teen Jim Fouché van Bloemfontein gewen. Die o.14 A-span het met 14 - 14 gelykop teen Hoërskool Sentraal geëindig.
Die afgelope Saterdag, 11 Maart, het Marlow se spanne aan die Hoërskool Grens-sportfees deelgeneem. Vier uit die nege spanne het gewen.
Die hoogtepunt van die dag was Marlow se 1ste span wat teen Selborne College van Oos-Londen kragte gemeet en die wedstryd 23 - 20 gewen het.
Baie rugby wag nog
Hoër Landbouskool Marlow sien uit na 'n opwindende seisoen met baie groot rugbydae en feeste wat net die kwartaal nog voorlê.
18 Maart: Outeniqua-sportdag
1ste span: Marlow teen Boland
23 - 25 Maart: Graeme-rugbyfees
1ste span: Marlow vs Grey College (Bloemfontein)
25 Maart: Andrew Rabie-sportdag
30 Maart - 4 April: Marlow o.13-rugbyfees
29 Maart - 6 April: o.16 Paarl Gimnasium-rugbyfees
7 - 10 April: Kearsney Rugby Festival
Arno Nel weer 'n teëstander af terwyl hy op spoed na die doellyn jaag.
Die Wolramme moedig hul span in volle sterkte aan.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'