KAROO NUUS - Die bestuurder van 'n vragmotor wat mangaan vervoer het vanoggend, 10 Mei, om 04:50 op die N9 beheer verloor en die voertuig het van die pad geloop. Die ongeluk het op die Middelburgpad, 6 km buite Cradock plaasgevind. Die polisie is tans op die toneel.
Die bestuurder van dieselfde maatskappy, wat in 'n ander vragmotor gery het, het die bestuurder na die ongeluk bygestaan en word daar gewag vir 'n ambulans om die bestuurder na die Cradock-hospitaal te neem.
Motoriste word versoek om geduldig te wees.
Opruimingswerk sal deur die dag plaasvind en moontlik 'n vertraging kan versoorsaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’