GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het die 2019-skooljaar met nuwe koshuisouers by die skool se koshuis, Huis Eybers, afgeskop.
Die egpaar, Johan en Verna Nieuwoudt, het hierheen vanaf Pretoria verhuis waar Johan as konstruksie-bestuurder en Verna as ‘n suster by Primêre Gesondheidsorg gewerk het.
Hulle het twee kinders, ‘n seun Anrich, wat in Graad 7 is en ‘n dogter, Tanya, wat in in Graad 9 is.
Johan is reeds baie betrokke by Laer Volkskool se sport en sal hy hom toespits op die afrigting van krieket en rugby by die skool.
“Baie welkom hier by Laer Volkskool, ons glo en vertrou dat julle hierdie groot taak suksesvol sal aanpak en dat julle dit sal geniet hier in Graaff-Reinet,” heet skoolhoof Deon Joubert die egpaar welkom.
Tanya, Verna, Anrich en Johan Nieuwoudt.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'