GRAAFF-REINET NUUS – Vandag is offisieël die eerste dag van die lente en hopelik is die winter en koue dae iets van die verlede.
Die Suid-Afrikaanse Weerdienste voorspel ‘n maksimum temperatuur van 21 grade vandag met ‘n minimum van 2.
Saterdag sal die kwik biedjie hoër styg met ‘n maksimum temperatuur van 26 grade voorspel.
Moenie more-oggend, 2 September, se pret 2.3km lentedraf/stap in Graaff-Reinet misloop nie – registrasie begin om 08:00 voor Polka in Somersetstraat met die wedloop wat om 09:00 afskop – almal is welkom en inskrywings beloop R10 per persoon (volledige berig op bladsy 3 van die week se Advertiser).
Maak ook ‘n draai by die NG Nuwekerk se lentebasaar vandag om 10vm in Caledonstraat en begin die lente só op ‘n vrolike noot.
Dan is daar ook die plaaslike Krieketklub se lentedans Saterdagaand om na uit te sien – die geleentheid sal om 19:00 by die Botaniese Sportklub plaasvind (lees die berig op bladsy 16 van die week se Advertiser om meer hieroor uit te vind).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'