GRAAFF-REINET NUUS - Daar het sopas 'n kop-aan-kop-botsing tussen twee voertuie op die N9-roete, 20 km buite Graaff-Reinet, plaasgevind.
Volgens Dennis Fortuin, hoof van veiligheid op Graaff-Reinet, is daar mense wat oorlede is en ander wat ernstige beserings opgedoen het.
Noodwerkers is tans op die toneel. Die pad is in alle rigtings gesluit totdat verdere kennis gegee word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’