CRADOCK NUUS - Fanie Theron Preprimêr, in Cradock, het lekker basaar gehou op Maandag 10 Junie. Fasiliteerders en ouers van leerders het die hele skool- en speelterrein, die saal en die klaskamers in storieboekmooi plaastonele verander.
Die leerders het die plaastema baie geniet. 'n Miniatuurponie, boklammers en skaaplammers was ook by dié bazaar. Prettige plaasdiere is op alle artikels aangebring wat te koop aangebied is.
Daar is ook lootjies verkoop om 'n 'Pig in the mud' koek te wen en die gelukkige wenner was Callum van Jaarsveld in die rooi klas.
Die ruim skoolsaal beeld 'n plaasskuur uit. Foto's: Fanie Theron Preprimêr
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’