KAROO NUUS - Die Parsonage Street UCCSA-kerk in Kroonvale vier die naweek van 6 en 7 November die kerk se 220ste bestaansjaar.
Die kerkleier, eerw. Frans Booysen, het aan Graaff-Reinet Advertiser gesê hulle wil dié mylpaal met 'n paar feestelikhede vier, wat al die komende naweek afskop.
"Daar sal 'n gemeentebasaar by die kerk gehou word, maar die hoogtepunt is die feesdiens, wat op Sondag 7 November deur eerw. Johnny Thomas, streekvoorsitter van die Algoa UCCSA-streek, gelei sal word.
"Ons wil vir ons lojale gemeentelede 'n blywende herinnering skep."
Die Parsonage Street UCCSA-kerk was aanvanklik in Pastoriestraat gesetel, maar het in die sewentigerjare na Kroonvale verskuif.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'