GRAAFF-REINET NUUS – Kry jou drafskoene en partytjiegees reg vir Hoër Volkskool se neon pretloop|draf dié week!
Die skool hou Woensdagmiddag, 6 September, ‘n pretloop|draf wat beloof om vir oud en jonk groot pret te wees.
Dié familie affêre - wat ‘n neon-tema het - gaan om 18:30 afskop by Hoër Volkskool met inskrywing wat vanaf 17:30 geskied.
Deelname aan die pretloop\-draf is R20 per persoon en sluit ‘n neonstokkie in.
Die roete sal ‘n afstand van 3.3km beslaan.
Diegene wat deelneem word aangeraai om ekstra geld saam te neem vir neon-gesigverf en ekstra stokkies wat te koop aangebied sal word.
‘n Snoepie sal verversings verkoop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'