HOFMEYR NUUS - Hofmeyr-landbouvereniging het verneem dat twee ywerige jong boere uit die Hofmeyr-distrik, genomineer is vir die Agri SA se Jongboer 2023.
Kandidaat een, Stefan du Plessis, van die plaas Bloemhof - hy het 'n gemengde boerdery en spog met 'n puik konsortiumstoet.
Stefan is getroud met Amanda, en die egpaar het vier kinders.
Kandidaat twee, Lood de Jager, van die plaas Blaauwskop - hy het 'n gemengde boerdery, met 'n gespesialiseerde besproeiingsafdeling.
Lood is getroud met Elisma en het 'n dogtertjie.
Beide die twee jongboere is betrokke by Hofmeyr-landbouvereniging, en is ook aktief betrokke in hul gemeenskap.
Stefan du Plessis in sy skeerhuis, waar hy baie gelukkige ure tussen sy konsortium-merino's deurbring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’