Video
HOFMEYR NUUS EN VIDEO - Die begraafplaas in Hofmeyr is weer skoon nadat 'n plaaslike inwoner, Barend Opperman, hand bygesit het om die omgewing netjies te maak.
Die kerkhof is tans in die sorg van die NG Kerk Hofmeyer-gemeente, en was vir jare deur vier persone versorg. Kostes en lone wat volgens wetgewing vereis word, het dié gemeenskappie egter genoodsaak om anders na dié historiese kerkhof te kyk.
Wat hierdie begraafplaas so besonders maak is dat Hofmeyr deur verskeie oorloë geteister was, sedert die stigting in 1874 en daar baie grafte met historiese waarde is.
Driekwart van hierdie gemeenskap is ook deur die 1918 griep uitgewis, en hoewel baie van hierdie grafte net hopies klip is, word daar steeds na hulle omgesien.
VIDEO:
Die kerkraad behandel een keer per kwartaal die areas tussen grafte met onkruiddoder, en Opperman het onlangs van die dooie plantmateriaal ontslae geraak.
"Vorige Hofmeyr-inwoners kom lê ook gereeld besoek af by die grafte van geliefdes; ons wil nie skaam wees wanneer hierdie families by hul 'legendes' kom besoek aflê nie," sê Opperman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’