HOFMEYR NUUS - Die gemeenskap van Hofmeyr het op Sondag 9 Junie, na die oggenddiens in die NG Kerk, bymekaargekom om in heerlike sonskynweer ‘n gesellige burgerbraai te hou.
Erina Roux, Martha du Plessis, Ronel Gouws en Elize Downey het die tafels gedek en versier. Dapper vroue dié, want die tafels was met onder andere turksvyblaaie versier!
Altesaam 115 keurige hamburgers, met souse en varsgebakte aartappelskyfies is bedien. Die hele gemeenskap het ‘n bydrae gelewer om die geselligheid in die kerksaal ‘n reuse sukses te maak.
Die kleuters en kleiner kinders het deurentyd heerlik in die sonnige kinderlokaal gekuier en hulle is bederf met boereworsrolletjies.
'n Vars hamburger soos dit net in Hofmeyr gemaak kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’