GRAAFF-REINET NUUS - 'n Somber atmosfeer het verlede Vrydag by Hoër Volkskool geheers toe dié skool in 'n hartroerende huldeblyk afskeid geneem het van 'n geliefde onderwyser, Wikus Pretorius.
Inwoners het eers 'n verbyrit gehou waarna leerders by die hoofingang wit klippies in 'n potplant, met Wikus se geraamde foto in, kon plaas.
Daarna kon 100 genooide familielede, onderwysers en gaste die huldeblyk op die skool se rugbyveld bywoon.
Hugo Redelinghuys het die foto's geneem.
Weens streng Covid-19-regulasies is slegs100 familielede en uitgenooide gaste by die huldeblyk vir Wikus Pretorius toegelaat.
Leerders van Hoër Volkskool plaas verlede Vrydag wit klippies in 'n potplant by die foto van hul ontslape onderwyser Wikus Pretorius, wat aan Covid-19-verwante komplikasies oorlede is.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'