MIDDELBURG NUUS - Wat is nou 'n beter manier om die lente te vier as om saad verniet uit te deel?
Dit is presies wat ’n plaaslike haarkapper, Hair Affairs, Maandag 1 September gedoen het om die lente behoorlik te verwelkom.
Die salon het honderde pakkies tuisgekweekte groentesaad aan die Trots Middelburg Vereniging en Middelburg Karoo Toerisme beskikbaar gestel vir hul spesiale lenteprojek.
Almal van die Middelburg-gemeenskap word genooi om gemengde pakkies met saad vir ’n verskeidenheid groente by die salon te kom haal.
“So kan lente behoorlike gevier word, en ons wens is dat daar heerlike gesonde groente in elke agterplaas sal groei!” sê die salon.
Hierdie projek van Trots Middelburg gaan beslis nie net die gemeenskap ophef nie, maar moedig ook selfversorgingsgroentetuine in Middelburg aan.
Kontak Middelburg Karoo Toerisme by 082 397 8698 om ook betrokke te raak by die ontwikkeling van elke talent in dié dorp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’