MOLTENO NUUS - Altesaam 85 kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe het onlangs ’n hupstoot vir die nuwe skooljaar gekry toe hulle, danksy ’n veldtog deur die Molteno polisie, gratis haarsnye (vir seuns) en gratis haarversorgings (vir meisies) ontvang het.
Die finansiële en emosionele las op ouers bereik nuwe hoogtes in die terug-skool-toe-tydperk.
Ouers moet dikwels kies om noodsaaklikhede soos skryfbehoeftes en skooldrag te verskaf terwyl persoonlike versorging laagste prioriteit kry.
Die Molteno-polisie, tesame met die gemeenskapspolisiëringsforum, wat hierdie behoefte raakgesien het, het Dinsdag 13 Januarie ’n gemeenskapsuitreik genaamd “Die Salon-Barbier-Shop Sorgveldtog” aangepak.
Die inisiatief is deur belanghebbendes wat aktief by die veldtog betrokke was, uit hul eie sakke befonds.
Die veldtog het met ’n inligtingsessie oor kindermishandeling geëindig, waarna ligte verversings aan almal bedien is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’