GRAAFF-REINET NUUS - Nege leerders van Graaff-Reinet Primêr is onlangs opgeneem in die Dr Beyers Naudé-atletiekspan.
Die leerders sal nou die eerskomende Vrydag, 15 Februarie, aan die Sarah Baartman streeks-atletiekkampioenskappe in Port-Elizabeth deelneem.
Die leerders is Genevive Jansen, Tasmia Adams, Geraldine Jacobs, Alanzo Bantom, Halle Vers, Kezia September, Kelvin Goliath, Shaheed Jaftha en Tasneem Jacobs.
Die personeel en skoolgemeenskap van Graaff-Reinet Primêr is baie trots op dié flukse atlete en wens hulle alle sterkte toe met die naweek se uitdaging.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'