CRADOCK NUUS - Twee persone is verlede week vir vervalsing van dokumente en diefstal van 'n voertuig in hegtenis geneem.
Volgens kaptein Namla Mdeleni, woordvoerder van die Queenstown-polisie, is 'n gesteelde Wit Toyota Hilux bakkie verlede Dinsdag in Cradock opgemerk.
Die Cradock-honde-eenheid het die voertuig gestop.
"Twee mans is vir ondervraging na die polisiestasie geneem. Gesteelde goedere is in die voertuig gevind en die verdagte persone is deur konst. CM Etto in hegtenis geneem."
Volgens Mdeleni is daar ook 'n klag van vervalsing gemaak omdat een van die verdagtes in besit was van 'n vervalsde tydelike bestuurslisensie.
"Sy ID-foto was oor die oorspronklike foto geplak en sy ID-nommer het nie met die een op die tydelike bestuurslisensie ooreengestem nie."
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'