GRAAFF-REINET NUUS — Die pas afgelope Sondagaand, 27 Augustus, het talle Graaff-Reinetters opgewonde in die NG Grootkerk byeengekom om uit een hart en met een stem te sing 'Hoe groot is ons God!' tydens dié kerk se eerste loffees.
Met dié loffees is daar na die gemeenskap uitgereik deur middel van musiek, sang, kunswerke en voorlesings. Die kerkjaar se temas - Die Skepping, Jesus se geboorte, Sy kruisiging en Die Menswees - is ook gedek.
Vyf-en-twintig vrywillers het saam gedien op die verhoog, die klankmengbord en die multimedia behartig en instrumente bespeel.
Almal is dit eens dat dit binnekort weer moet gebeur.
Dr Ben van Tonder, leraar van die NG Grootkerk sê, "Dis wonderlik om te ervaar hoe kuns en musiek oor die grense van taal, kultuur en generasies kan beweeg om mense te verenig met een doel voor oë: om God te verheerlik!"
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'