KAROO NUUS - Plaaslike haarkapper Victor 'Vic' Verwey het heerlike Eenbak-Boereworsete op vandeesweek se spyskaart:
Bestandele
500 g klein skulpiepasta
600 g gaar boerewors, gesny in happiesgroottes
1 kop broccoli, in klein blommetjies gebreek en gestoom.
Sout en peper na smaak
Knypie paprika
Sous
72 g Creamy Cheese Vegetable Bake
500 ml gekookte volroommelk
300 g geroomde sampioene
Bolaag
187 ml mozzarellakaas, gerasper
Metode
Kook pasta al dente in borrelende soutwater (voeg 10 ml olie en 5 ml sout by). Dreineer, spoel af, en roer ekstra olie deur sodat pasta nie kleef nie.
Skep pasta in gesmeerde oondbak van ongeveer 30 cm x 20 cm.
Plaas boerewors op pasta, gevolg deur broccoli, sout, peper en paprika.
Meng pakkies groentesous vinnig by kookmelk en roer vir een minuut. Roer geroomde sampioene by. Meng goed. Skep sous oor gereg.
Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'