GRAAFF-REINET NUUS – Volgende Vrydagaand, 15 September, vind daar ‘n geldinsameling plaas vir dié distrik se plaasskole.
Die Plaasskole Steakaand sal by die Pioneers-restaurant in Graaff-Reinet om 18:00 vir 18:30 gehou word.
Kaartjies beloop R100 per persoon en is beskikbaar by Pioneers.
Die kaartjie se koste sluit ‘n ‘steak’-ete in met tjips en slaai en ‘n keuse van souse sowel as ‘n broodtafel.
Die gemeenskap van Graaff-Reinet word gevra om dié inisiatief te steun en die aand vir dié goeie doel te kom geniet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'