GRAAFF-REINET NUUS - Oud-onderwyser Jacob Daniels van Graaff-Reinet deel graag die volgende gedig met matrikulante.
Hy het dit geskryf toe hy op skool was:
Die eksamen is 'n grote vrees.
Hoe lank sal dit dan nog wees?
Een ou vakkie is verby,
Hoe lyk nou die ander sy?
Verstrooid lê die boeke in my kamer rond
My mannemoed sak tot op die grond.
Al tien naels is kort gebyt,
Die eksamen sal gou moet sluit.
Wag! Nou't ek mos 'n blink idee!
Studeer altyd met die Vader mee.
Hy het Sy trou aan my bewys,
Want ek's nou geest'lik, tyd'lik wys.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'