KAROO NUUS - Queenstown was jare gelede as die Koningin van die Grens (Queen of the Frontier) geken. Die dorp heet nou Komani en daar heers vandag, 26 Januarie, groot onvrede in hierdie eens pragtige dorp.
Inwoners betoog teen dienslewering, want water en krag is reeds vir jare ñ krisis. Die hele gemeenskap is reeds vir die afgelope 6 dae sonder krag.
Laat verlede jaar was sommige dele van die dorp vir 23 dae sonder krag.
Op sommige video's kan gesien word dat brandstigting ook aan die orde van die dag is en die historiese stadsaal is sowat ñ jaar terug ook in ñ brand vernietig, asook die Kunsmuseum.
Hierdie is ñ ontwikkelende storie.
VERSKAFDE VIDEO'S:
Die historiese stadsaal gebou is vroeg verlede jaar reeds in ñ brand verwoes na betogings teen dienslewering, maar die situasie duur voort.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'