TENNISNUUS - Die Marilie Moolman-tennistoernooi het vanjaar van 18 tot 20 Augustus plaasgevind. Hierdie toernooi word elke jaar deur Hoërskool Cradock (CHS) aangebied, met Theron du Plessis as hoofborg.
Marilie Moolman was 'n hoogs begaafde tennisspeler wat tydens haar hoërskoolloopbaan gesterf het, dié toernooi word jaarliks, as 'n huldeblyk aan haar, aangebied.
Hoërskool Cradock se dogters het op die derde dag van die toernooi baie goed gevaar toe hulle teen Hoër Meisieskool Paarl gespeel het en vyf uit die ses enkelwedstryde gewen, en een uit die drie dubbelwedstryde.
Cradock klop Hoër Meisieskool Paarl met 18 teenoor nege punte.
Cradock het deurgedring na die eindronde waar hul Hoërskool Menlopark aangevat het. CHS het vier uit die ses enkelwedstryde gewen en een uit die drie dubbelwedstryde.
Cradock klop Hoërskool Menlopark met vyf teenoor vier wedstryde en wen ook die Marilie Moolman-tennistoernooi vir die eerste keer in 20 jaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’