KAROO NUUS - ‘n Bus het vanoggend, 7 September op die N9 so 5 km buite Middelburg aan Graaff-Reinet se kant, uitgebrand.
Unathi Binqose, woordvoerder van die departement van vervoer vir die Oos-Kaap, sê dat die bus in die padreserwe gaan stilstaan het nadat dit meganiese probleme ondervind het.
‘n Paar minute later het vlamme by die enjinkompartement uitgekom en vinnig regoor die hele bus versprei.
Binqose sê dat geen passasiers of personeel beseer is tydens die insident nie en kon almal die bus veilig verlaat.
Die bus wat langs die pad staan is deur Thinus Ferreira, inwoner van Graaff-Reinet opgemerk. Hy het dit aan die Advertiser gestuur om uit te vind wat gebeur het en wanneer dit plaasgevind het. Foto: Thinus Ferreira
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’