KAROO NUUS - Die plattelandse gemeenskap van Burgersdorp het oor die middaguur van 17 Augustus met skok besef dat hul NG Kerkgebou besig is om te brand.
Die kerkgebou is in 1913 opgerig as tweede kerkgebou nadat die vorige kerkgebou te klein geraak het.
Op dié stadium word daar vermoed dat verouderde elektriese bedrading ’n kortsluiting veroorsaak het.
Skade is aan die kiaathout preekstoel en ook aan die orrel aangerig deurdat groot hoeveelhede water daaroor gespuit moes word om te verhoed dat dit ook brand.
Lees ’n volledige artikel in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'