OOS-KAAP NUUS - Nooddienste in Gqeberha is tans op die toneel van 'n ernstige brand by die William Moffett Pick n Pay.
Dié winkel is geleë in die Moffet Retail Sentrum, en talle werknemers, besigheidseienaars, inkopiegangers en omstanders kyk toe terwyl nooddienste op die toneel besig is.
Bay FM berig dat inwoners en motoriste vertragings te wagte kan wees en die publiek word versoek om alternatiewe roetes te gebruik sodat brandweerspanne ruimte kan hê om hul werk te doen.
Besonderhede rakende die oorsprong van die brand en potensiële ongevalle is onbevestig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’