GRAAFF-REINET NUUS - Solidariteit Helpende Hand het onlangs 'n veldtog, om boeliegedrag hok te slaan, by laerskole begin.
Nagenoeg 700 laerskoolleerlinge is onlangs bereik toe Braaf die boerboel 'n besoek aan hulle skole gaan aflê het.
Braaf die boerboel is die breinkind van die klerereeks, Boerboel Wear en hy is die splinternuwe held ten bate van die Helpende Hand se Skooltassie-projek. Met sy skouermantel, help hy Helpende Hand om na kinders se welstand en toekoms om te sien, Braaf boelie nooit, hou van bid en om vriendelik te wees, en hy is geroep om te help.
Marlene Basson, Solidariteit Helpende Hand se streekorganiseerder, vertel dat Braaf by 14 skole regoor die Oos-Kaap besoek afgelê het. Daar word gepraat oor boelie-gedrag en bevorder die interaksie leerders om ook maats te help wat geboelie word.
Lize van Zyl, maatskaplike werker by Helpende Hand, het die leerlinge vertel dat om 'n maatjie name te noem, te spot of te terg, nie reg is nie. Dit is braaf om eerder jou maatjie te help as om te boelie.
Verligting word reeds aan talle leerders deur die Skooltassie-projek gebring, daarom is die Boerboel-veldtog komplementerend tot dié projek om sodoende die kinders te bemagtig. Helpende Hand het besluit om stories te skryf oor Braaf se dapperheid en is dit elektronies by https://helpendehand.co.za/braaf-die-boerboel/ beskikbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’