KNYSNA NUUS - Herman Bosman, 'n inwoner van Knysna, het vanaand 20 November, sy dorp se vlag hoog laat wapper toe hy R1 miljoen gewen het op die gewilde DSTV-program "Wie word 'n Miljoener" op kanaal 144.
Die program word in Afrikaans aangebied en Bosman is ook die eerste persoon van die Suid-Afrikaanse weergawe om 'n miljoen te wen.
Elke deelnemer moet 15 vrae korrek beantwoord en mag vier hulplyne gebruik om die groot prys van R1 miljoen te wen.
Lees meer oor hierdie storie by www.knysnaplettherald.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’