ABERDEEN NUUS - ‘n Huisbrand in Aberdeen het vanoggend die lewe van een persoon geëis.
Volgens Aberdeen SAPD het die brand in die vroeë oggendure van Maandag, 24 April in ‘n huis in Douglasstraat, Lotusville uitgebreek.
Die slagoffer, George Eberbach (67) se lewensmaat, Michelle Kombella, wat ook brandwonde opgedoen het, sê 'n kers wat hulle tydens beurtkrag aangesteek het, het vermoedelik die brand veroorsaak.
Eberbach is welbekend as “Cat” in Aberdeen se gemeenskap.
Beurtkrag vir Aberdeen was geskeduleer van 23:00 tot 01:30 en volgens die polisie is Eberbach om ongeveer 01:00 dood.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’