CRADOCK NUUS - Kritieke behuisingsverwante sake was die fokus tydens 'n kapasiteitsbou-en-munisipale ondersteuningsessie wat op 21 Augustus deur die Inxuba Yethemba Munisipaliteit gehou is.
Alle wyksleiers en belanghebbendes het in die Nxuba Raadsaal in Cradock (Nxuba) bymekaargekom vir die sessie.
Akkreditasie van dié munisipaliteit om huise te bou was onder bespreking, asook die Nasionale Behuisingsbehoefteregister.
Talle projekte vir behoeftige en kwesbare groepe, asook maatskaplike behuising, het onder die loep gekom.
'n Eerste huisfinansieringsprogram en die Wet op Huurbehuising is bespreek, waartydens die Individuele Subsidieprogram ook ter sprake was.
“Begunstigdes se beroepe, die verwerwing van titelaktes, die begunstigdebestuursbeleid en die volledige projekaansoekproses is deurgewerk,” lui 'n mediaverklaring deur die munisipale raad van Nxuba.
Volgens die verklaring het die sessie vrugbare betrokkenheid en waardevolle insigte bevorder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’