KAROO NUUS - Dronkenskap en die besit van dagga het die meeste arrestasies in Graaff-Reinet vir die tydperk 16 tot 21 Januarie tot gevolg gehad.
Vier mense is aangehou vir die besit van dagga, terwyl vyf mense vir dronkenskap gearresteer is.
Graaff-Reinet
Oneerlikheidsmisdrywe is sistematies deur die polisie aangespreek, met drie verdagtes wat vir huisbraak toegesluit is. 'n Verdere twee is vir diefstal en een vir winkeldiefstal voor die hof gedaag.
Een verdagte is in aanhouding vir verkragting.
Geweldsmisdadigers het hulle ook agter tralies bevind. Een verdagte is vir aanranding ernstig in hegtenis geneem, twee vir aanranding gewoon en een vir opsetlike saakbeskadiging.
Aberdeen
Vyf arrestasies is hier uitgevoer. Drie vir diefstal, een vir aanranding ernstig en een vir verkragting.
Vonnisse
Aanranding ernstig (Aberdeen): drie jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Diefstal: 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Diefstal: 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir 12 maande.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'