GRAAFF-REINET NUUS - Die Graaff-Reinet Polisie het verdagtes in ernstige misdrywe goed vasgevat en agter tralies besorg.
Vir die tydperk 4-11 Desember is drie roofverdagtes, een moordverdagte en drie vermeende verkragters gearresteer. Die polisie het hul stryd teen geweldsmisdrywe verder geneem en vyf arrestasies vir aanranding ernstig uitgevoer.
Graaff-Reinet
Drie vermeende huisbrekers wat besighede teiken, is in hegtenis geneem. Om die sukses te kroon, is ses residensiële huisbrekers voor die hof gedaag, na die polisie se flink optrede.
Vir diefstal is sewe mense met lang vingers toegesluit. Een vermeende winkeldief is ook gearresteer.
Dwelmverwante misdrywe het 12 arrestasies tot gevolg gehad. Vir aanranding gewoon is drie mense toegesluit en een vir opsetlike saakbeskadiging.
Die misbruik van drank het die polisie ook genoop om vyf mense te arresteer.
Aberdeen
Sewe verdagtes is hier toegesluit.
Arrestasies is gemaak vir aanranding (1), gesinsgeweld (1), opsetlike saakbeskadiging (2) en dronkenskap (3).
Vonnisse
Interdik minagting: Twee jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Diefstal: Drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie jaar.
Aanranding ernstig: Agt maande gevangenisstraf, waarvan vier maande opgeskort is vir drie jaar.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'