KAROO NUUS - Dwelmhandelaars en besope mense het van Donderdag, 1 Augustus, tot Maandag, 5 Augustus, hulself in die lang arm van die gereg vasgeloop.
Graaff-Reinet
- Tien mense is toegesluit vir die besit van dwelms, wat Mandrax insluit.
- Vir dronk in die publiek en dronk en wanordelike gedrag, was sewe mense agter tralies.
- 'n Verdagte in 'n verkragtingsaak is ook in die selle geplaas.
- Vier vermeende geweldenaars is vir aanrandingsake gearresteer.
- Twee mense word ondersoek vir bedrog, een vir diefstal, een vir diefstal uit motor, en drie vir huisbraak.
- Die polisie het ook 'n vermeende veedief se onwettige jagtog in die selle laat opeindig.
Aberdeen
- Vyf dronkaards is in dié dorp toegesluit.
- 'n Vermeende moordenaar en een verdagte in 'n verkragtingsaak is ook toegesluit. Die polisie het ook 'n dief en 'n oortreder van 'n beskermingsbevel gearresteer.
Vonnisse
- Besit van Mandrax: R1 500 boete of drie maande gevangenisstraf.
- Huisbraak en diefstal: Ses maande gevangenisstraf, opgeskort vir twee jaar.
- Besit van Mandrax: R1 000 boete of ses maande gevangenisstraf, opgeskort vir vier jaar.
- Aanranding ernstig: R2 000 boete of 90 dae gevangenisstraf, opgeskort vir 'n jaar.
- Besit van dagga: R2 000 boete of drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
- Aanranding gewoon: R100 boete of een maand gevangenisstraf.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'