GRAAFF-REINET NUUS - Die Graaff-Reinet-polisie het in die tydperk van 10 tot 16 Julie twee moord arrestasies gemaak.
Een arrestasie is ook in Aberdeen gemaak vir poging tot moord.
Met een arrestasie vir verkragting in Graaff-Reinet is nog talle ander verdagtes vir geweldsmisdrywe toegesluit.
Graaff-Reinet
Drie skedule ses misdryf arrestasies, twee vir moord en een vir verkragting, kan die verdagtes vir 'n lang tydperk agter tralies besorg.
Vier mense sal ook hul aggressie in die Graaff-Reinet-landdroshof moet verduidelik, na hulle vir aanranding toegesluit is.
Die polisie het behoorlik onder verdagtes in oneerlikheidsmisdrywe ingeklim.
Vir huisbraak en diefstal is twee toegesluit, terwyl vyf vermeende diewe ook agter tralies is. Vir diefstal uit motors is twee verdagtes aangekeer, terwyl een winkeldief selle toe geneem is.
Nog twee mense is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom toegesluit.
Drank- en dwelmmisbruik is weereens nie geduld nie. Vyf vermeende mandrax-smokkelaars, twee vermeende dronkbestuurders en drie alkoholgebruikers is vir dronk en wanordelike gedrag agter tralies gelaat vir 'n tyd.
Verkeersoortredings het twee motorbestuurder duur te staan gekom toe hulle in die selle sonder hul motorsleutels gelaat is.
Aberdeen
Sewe arrestasies is in die polisie registers aangeteken vir dié dorp.
Die arrestasies is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord, besit van tik, minagting van 'n beskermingsbevel, en dronk en wanordelike gedrag (waarvan daar drie gevalle was).
Vonnisse
Vermelding word gemaak van slegs een vonnis, vir die oortreding van 'n beskermingsbevel.
Die vonnis van 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar, is aan 'n beskuldigde van Aberdeen opgelê.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'