KAROO NUUS - Arrestasies in die Graaff-Reinet en Aberdeen-area was vir die tydperk 27 November tot 2 Desember maar aan die skraps kant.
Die Graaff-Reinet SAPD kan hulself egter 'n klop op die skouer gee vir sewe dwelmverwante arrestasies. So het hulle ook vyf verdagtes vir besigheidsrowe vasgetrek.
Graaff-Reinet
Ses vermeende huisbrekers, drie vir residensiële huisbrake en drie vir besigheidshuisbrake, is ook agter tralies.
Vir diefstal is vyf verdagtes aangekeer, terwyl twee vir aanranding gewoon en twee vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, toegesluit is.
Ander misdrywe, waarvoor een arrestasie elk gemaak is, sluit in opsetlike saakbeskadiging, oortreding van 'n beskermingsbevel, moord en roof.
Vyf oortreders van die wet op alkoholmisbruik is toegesluit.
Aberdeen
Drie arrestasies is hier uitgevoer vir dronkenskap.
Vir opsetlike saakbeskadiging is twee verdagtes gearresteer. Aanranding en opsetlike saakbeskadiging het elk een arrestasie tot gevolg gehad.
Vonnisse
Poging tot roof: drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie jaar.
Diefstal uit motor: R1 500 boete met die keuse van drie maande gevangenisstraf, in geheel opgeskort vir drie jaar.
Besit van mandrax: R800 boete, of agt dae gevangenisstraf, opgeskort vir drie jaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'