GRAAFF-REINET NUUS — Met die toename in padongelukke oor vakansietye beleef bloedbanke landwyd ’n skaarste aan bloed.
Red 'n lewe en skenk bloed by een van die bloedskenk-punte gedurende die vakansie-seisoen.
'n Bloedskenk-kliniek vind die komende Maandagmiddag, 19 Desember, in Graaff-Reinet plaas.
Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om dit te ondersteun.
Die kliniek sal in die saal van die NG Nuwekerk in Caledonstraat gehou word van 2nm tot en met 6nm.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'