GRAAFF-REINET NUUS — Hierdie eerskomende Woensdagmiddag, 18 Januarie, om 5.30nm sal daar weer eens ‘n byeenkoms gehou word by die Gideon Scheepersmonument langs die Nqweba-dam.
Die geleentheid - gelei deur Ds JH van Vuuren van die plaaslike Afrikaanse Protestante Kerk - word gehou ter gedagtenis aan die teregstelling van Kommandant Gideon Scheepers (1878 - 1902), ‘n Boere militêre leier en heliografis tydens die Anglo-Boereoorlog.
Die fusillering van dié Boere-kommandant op 18 Januarie 1902 op die ouderdom van 24, en die daarop volgende verberging van sy oorskot, word as een van die skreiendste militêre regsvergrype in die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902) beskou. ‘n Versoek word gerig aan alle belangstellendes om die gebeurtenis in herinnering te roep deur dit by te woon.
Die wat meer inligting verlang, kan Paul van der Berg skakel by 049 891 0315.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'