KAROO NUUS - Steynsburg-polisie ondersoek tans 'n klag van strafbare mansslag nadat 'n 25-jarige man op 1 November in 'n ongeluk gesterf het.
Hy was onderweg vanaf Gqeberha op die R390, tussen Venterstad en Steynsburg in die rigting van Gariepdam toe hy in 'n botsing met 'n ander voertuig betrokke was.
Hy was oppad na Bloemfontein vir 'n werksafspraak.
Die oorledene is per ambulans na die Queenstown- privaathospitaal geneem, waar hy op die oggend van 2 November aan sy beserings beswyk het.
Kaptein Ursula Roelofse, SAPD mediaverteenwoordiger, deel mee dat die polisie-ondersoek voortduur en daarom mag geen name of foto's aan die pers beskikbaar gestel word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’