CRADOCK NUUS - Hoër Landbouskool Marlow spog hierdie jaar met ñ 96,4% slaagsyfer, waaronder 24 vakonderskeidings en 65,5% universiteitsvrystellings.
Die volgende vakke behaal 'n 100% slaagsyfer: Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, Wiskundige geletterdheid, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, Landboubestuurspraktyke, Lewensoriëntering, Landboutegnologie, Ingenieurstudies en Ontwerp en Toerisme.
Die toppresteerder by Marlow is Charl Feuth, met SJ de Koker kort op sy hakke en Dempers Meyer in die derde posisie.
Die Graad 12 klas van 2023. Foto: Hoër Landbouskool Marlow